2011 Curriebeker Premierafdeling

2011
Die Absa Curriebeker se amptelike logo.
Die Absa Curriebeker se amptelike logo.
Verdedigende kampioene Natalse Haaie (6de titel)
Kampioene Leeus (11de titel)
Totaal wedstryde 59
Wedstryde gespeel   59
Drieë gedruk 379  (gemiddeld 6.424 per wedstryd)
Meeste punte 192 Frederic Michalak (Natalse Haaie)
Meeste drieë 10 Bjorn Basson (Blou Bulle)
10 Michael Killian (Leeus)

Die 2011 Absa Curriebeker kompetisie is vanaf 15 Julie tot 29 Oktober 2011 gespeel. Die Curriebeker is 'n jaarlikse rugbykompetisie wat tussen provinsiale spanne in Suid-Afrika uitgespook word. Dit was die 72ste seisoen van die kompetisie sedert dit vir die eerste keer in 1889 gespeel is.

Die Natalse Haaie was die verdedigende kampioene. Hulle het die Westelike Provinsie met 30–10 in die 2010 Curriebeker Premierafdeling op Kings Park verslaan. Die eindstryd is op 29 Oktober 2011 beslis tussen die Leeus en die Natalse Haaie met die Leeus wat die titel gewen het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search